Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Ertjie-en-hamsop


Vries die sop in "n roomysbak; dit pas maklik in jou vrieskas.
zoommore

Vries die sop in 'n roomysbak; dit pas maklik in jou vrieskas.

'n Lekker resep vir die kampkombuis. Jy kan die sop ook maklik in 'n roomysbak vries; dit pas maklik in jou vrieskas.

Jy benodig (genoeg vir 6-8)
• 2 koppies split-ertjies
• 1 gerookte ham
• 2 liter groente-aftreksel
• 1 ui, fyngekap
• 1 groot wortel, fyngekerf
• 1 selderystingel, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 15-20 ml sonneblomolie
• droë gemengde kruie
• sout en varsgemaalde peper

Só maak jy
1. Spoelsiklus. Spoel die ertjies goed af en sit dit in ’n pot saam met die aftreksel en die ham. Bring dit tot kookpunt, sit die deksel op en laat dit 30 minute stadig prut.
2. Nou die vitamiene. Roerbraai intussen die groente in olie tot sag, maar nie bruin nie. Gooi die groente en kruie by die sop.
3. Vergeet hom. Laat die sop ’n uur prut, of tot die ertjies sag is en die vleis van die been af val. Geur dit.
4. Koel af. Sodra die sop afgekoel het, skep die been uit en vries dit.
5. Gou-gou. Geniet dit saam met gisteraand se oorskiet-potbrood.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek