Beskuit vir die pad
Jy kan ’n boks Oumas koop of jou eie kraakvars beskuit bak voordat julle in die pad val.
Jy benodig
• 500 g botter of margarien
• 2 koppies bruinsuiker
• 1 kg bruismeel
• 2 teelepels bakpoeier
• 2 ml sout
• 2 koppies spysverteringsemels
• 3 koppies All Bran
• ½ koppie pitlose rosyntjies
• 200 ml sonneblomsaad
• 2 eiers
• 2 koppies karringmelk
Só maak jy
1. Warm op. Verhit die oond tot 200 ºC en smeer twee broodpanne.
2. Smelt hulle. Smelt die botter en suiker saam. Roer dit totdat die suiker oplos.
3. Almal saam. Sif die meel, bakpoeier en sout en gooi die res van die droë bestanddele daarby.
3. Klop-klop. Meng die melk en eiers liggies, gooi dit by die droë bestanddele en laat die mengsel vyf minute staan.
4. Oond toe. Bak dit vir ’n uur.
5. Sny hom. Sny dit in stukke en droog dit oornag uit teen 80 ºC.



















Kommentaar