Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Vrugte-en-fetaslaai


"n Groter verrassing kan jy beswaarlik op jou tong kry: Sappig, soet, sout, suur, brand, pikant... heerlik!
zoommore

'n Groter verrassing kan jy beswaarlik op jou tong kry: Sappig, soet, sout, suur, brand, pikant... heerlik!

'n Groter verras­sing kan jy beswaarlik op die tong kry: Sappig, soet, sout, suur, brand, pikant... heerlik! En dan is dié slaai nog iets vir die oog ook. Pleks van die aarbeie en papaja kan jy ook net waatlemoenblokkies gebruik.

Jy benodig (vir 4 mense)
• ½ papaja, geskil en in blokkies gesny
• 200 g aarbeie, middeldeur gesny
• 3 wiele fetakaas, in blokkies gesny
• 1 pakkie (100 g) pistasieneute, afgedop en gerooster

VIR DIE SOUS
• ½ koppie soet rissiesous
(ons verkies Wellington s’n)
• 2 eetlepels fyngekapte mentblare
• sap van 2 lemmetjies (suurlemoen sal ook deug)

Só maak jy
1 Kyk net hoe vrolik! Rangskik die vrugteblokkies op ’n groot slaaibord en sprinkel die feta-kaasblokkies bo-oor.
2 Gee daar ’n kraaksmaak… Sprinkel die neute bo-oor.
3 … en ’n bietjie byt. Meng die bestanddele vir die sous en drup dit eweredig oor die slaai.

Weg sê: Maak maar ’n lekker groot bak hiervan – jou gaste gaan nie ophou voordat hy leeg is nie. (En poeding sal onnodig wees.)

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 19 Mei 2010 | 15:19:23

Hierdie slaai is 'n absolute wenner en ek kry soveel komplimente - dankie daarvoor. Hou aan om die beste te wees. Sue Coetzee

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek