Varkoren
Dié koekies, sê Femmy, moet liefs in “’n koele” kombuis gebak word. En kyk maar net na die vorm van dié koekies voordat jy begin raai waar die naam vandaan kom…
Bestanddele
• 1 rolletjie gekoopte blaardeeg
• omtrent ½ koppie suiker (wees maar kwistig)
Só maak jy
1. Rol, rol, riepa. Rol die deeg uit tot ’n vierkant van 30 x 20 cm en strooi lekker baie suiker bo-oor. Rol nou die deeg van die lang kante af op na mekaar toe sodat jy uiteindelik twee rolletjies styf teen mekaar het. Sny dié dubbele worse in skyfies van 5 mm.
2. Op die waterkar. Spoel’n bakplaat onder koue water af en pak die koekies daarop. Bak dit vir 12 minute in ’n oond van 200 ºC voordat jy dit uithaal, omdraai en vir nog 5 minute bak.
Weg sê: Kan enige koekie nou makliker wees as dit!

























Kommentaar