Mosselpot
Jy benodig
1½ kg skoongemaakte swartmossels met skulpe
1 k droë geurige witwyn
2 knoffelhuisies (fyngekap)
1 e vars pietersielie
1 e botter
½ k room
½ blikkie tamatie pasta
So maak jy
1. Meng die witwyn, pietersielie en botter saam en gooi in platboom swartpot...
2. ... Laat prut oor matige kole en voeg die mossels by.
3. Meng room en tamatie pasta en gooi oor mossels.
4. Stoom saam oor matige kole tot mossel gaar is en pot deurgekook het.
Wenk:
Indien jy vars mossels gebruik moet jy hulle eers kook in varswater. Haal baarde af, dreineer en drom toe met dié wat nie oopgegaan het nie. Begin dan metode soos hier bo – anders is jou pot te waterrig en vat die mossels té lank om gaar te kook. Eet met jou hande en gebruik die mosselskulpe as lepels om die mossels met die sousie op te slurp. Bedien met vars brood om die sousie uit jou bak uit te eet.
Klik hier vir 'n stap vir stap video van hoe om die mosselpot te maak.



















Kommentaar