Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Lamsvleis-en-fetafrikkadelle


Doop die brood in melk as jy sukkel om dit te rasper. Druk die oortollige melk uit en meng die klam broodkrummels by die vleismengsel.
zoommore

Doop die brood in melk as jy sukkel om dit te rasper. Druk die oortollige melk uit en meng die klam broodkrummels by die vleismengsel.

Ryno Palm, ’n leser van Weg, het dié heerlike resep lank gelede iewers in ’n boek raakgelees. Deur die jare heen het hy die resep aangepas en vir sy familie en vriende vervolmaak.


Jy benodig

(vir 4 frikkadelle)
• 2 snye witbrood, korsies afgesny en gerasper
• 500 g lamsmaalvleis
• 1 ui, gerasper
• 1 teelepel fyn komyn
• 1 teelepel fyn koljander
• 3 eetlepels Italiaanse (platblaar-) pietersielie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 g fetakaas, gedreineer
• 1 eetlepel olyfolie

Só maak jy
1 Meng, Jannie, meng! Meng die brood, maalvleis, ui, speserye, pietersielie en geurmiddels.
2 Bolle rol. Maak jou hande nat, verdeel die mengsel in vier en vorm elkeen in ’n frikkadel.
3 Vervuld… Druk ’n holte in elke vleisbolletjie, vul elkeen met ewe veel fetakaas en vorm weer ’n bolletjie wat jy dan effens platdruk.
4 Rusfase. Bedek die frikkadelle met kleefplastiek en sit dit vir een uur in die yskas.
5 Warmplek toe. Braai die burgers vir ongeveer 10 minute oor matige kole en maak seker hulle
is deurgaar.

Weg sê: Doop die brood in melk as jy sukkel om dit te rasper. Druk die oortollige melk uit en meng die klam broodkrummels by die vleismengsel.
 

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 9 Oktober 2009 | 19:01:52

Lamsvleis-en-fetafrikkadelle

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek