Albertus se frikkadelle
Jy benodig
- 500 g maalvleis
- 1 eier
- 1 eetlepel koekmeel of hawermout
- 1 eetlepel tamatiesous
- 1 eetlepel worcestersous
- ½ eetlepel asyn
- 1 ui gerasper
- 1 wortel gerasper
- 1 raap gerasper
- sout, peper, kruie en knoffel na smaak
Sous
- 1 eetlepel worcestersous
- 2 eetlepels blatjang
- 1 eetlepel tamatiesous
- 1 eetlepel olie
- 1 teelepel kerriepoeier
- 1 glas wyn
Só maak jy
1. Plaas frikkadelle in 'n oop bak.
2. Gooi die mengsel oor die frikkadelle.
3. Plaas in die mikrogolfoond in 'n oop bak op "hoog" vir 'n minuut per frikkadel.
4. Los in mikrogolf vir 10 min na gekook (kooktyd per 500 g maalvleis = 12 min)
5. Drink die res van die wyn

























Kommentaar