Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Gerooktemosselsop


"n Stomende pot sop is hemelse trooskos op bibberkoue aande in die kampterrein.
zoommore

'n Stomende pot sop is hemelse trooskos op bibberkoue aande in die kampterrein.

Al die hoofbestanddele van dié sop kom uit ’n blik. Danksy boksmelk en -room kan jy dié luukse seekossop selfs in die Richtersveld aanmekaarslaan.

Jy benodig (genoeg vir 6)
• 1 blik gekonsentreerde hoendersop (350g)
• 2 blikke gerookte mossels (105g), gedreineer en fyngedruk
• 1 tamatie, gekap
• 1½ koppie melk
• 1½ koppie water
• 1 koppie room
• ½ teelepel droë, gemengde kruie
• 4 eetlepels koekmeel
• 2 eetlepels sjerrie (opsioneel)
• ’n knippie suiker
• sout en peper na smaak

Só maak jy
1. Pot toe. Bring die hoendersop, fyngedrukte mossels, tamatie, melk en water tot kookpunt. Haal dit van die plaat af.
2. Ryk en romerig. Meng die kruie, meel en room. Gooi dit by die sopmengsel en roer dit oor lae hitte totdat dit warm is, maar nie kook nie. Haal dit van die plaat af en gooi die sjerrie en suiker by.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 6 April 2010 | 09:10:48

Ons was die naweek in Pilanesberg en ek het dit gemaak. Dis een van die beste resepte wat ek nog probeer het. My familie wil nou dat ek dit sommer elke reenerige dag maak. Maak maar die resep dubbel, want hulle verslind dit baie vinnig! Gys

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kuber Kos Van Blommestein se wildswors

Wildspastei

Kooktoerusting

Dit kan op enige soort braai gebruik word.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek