Die Van der Merwe's van Louis Trichardt het 'n heerlike resep vir wanneer kampeerders moeg raak vir braaivleis. Dié onoortreflike vis/koolslaai sal die plek van groente en slaai kan volstaan en die bestandele is maklik bekombaar.
Christa van der Merwe van Vanderbijlpark gee 'n interessante groen laagslaai met eiers, biltong en soetrissies. Pak die lae nes jy goeddink en meng net voor die mense eet.