Seekospotjie
Bestanddele
• olyfolie
• 3 groot uie
• 1 houer sampioene
• 2 eetl knoffel (opsioneel)
• 1 pakkie gesnipperde spek
• 2 houers vars room
• 2 of 3 pakke gemengde seekos
• 1 pak mossels in die skulp
Só maak jy
1. Sit die swartpot op kole of klein vuurtjie.
2. Gooi bietjie olyfolie en die uie daarin.
3. Voeg die sampioene (in die helfde gesny) en die knoffel daarby. Braai alles lekker saam.
4. Voeg die spek by en braai verder.
5. Gooi die room by en roer deurmekaar totdat die konkoksie begin prut, maar pasop nou dat dit nie brand nie.
6. Gooi 2 of 3 pakke gemengde seekos en een pak mossels (in die skulp) heel laaste by. As jy krap in die hande kan kry kan jy dit ook bygooi.
7. Nou moet jy dit vir nie langer as 10 minute op vuur hou nie. Seekos veral die calamari word taai as jy dit lank kook.


















Kommentaar