• Kruger: Vlugtende bok tref motor

    3 Augustus 2010

    Die Weg-leser Piet Steyn glo hy het diedoodsnikke van ’n ‘fratsongeluk’ verfilm toe ’n luiperd onlangs ’n bosbok platgetrek het.
     

  • Die Duimgooiersgids tot Suid-Afrika (vol.1)

    13 Augustus 2010

    Om “lifts te bum” is dus een van die oudste maniere om die wêreld te verken. Beer Adriaanse deel 'n paar wenke

  • Suid-Afrikaners gestrand in Maputo

    Vlugte van SAL na Maputo is gekanselleer en by die tolhek tussen die stad en die Lebombo-grenspos met Suid-Afrika is die pad met klippe versper.

  • Olifante by Epupa

    Weg het onlangs foto’s van twee jong olifantbulle naby die Epupa-valle in Namibië ontvang. Olifante word glo baie selde in hierdie gebied opgemerk.

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Koop groente by ’n boeremark


Om na ’n boeremark te gaan voel soos die begin van ’n vakansie. Jy klim in die motor as die hemel nog pers is en word stadigaan wakker.
Ek draai kwart voor ses by die Pioniersmuseum in Silverton in. ’n Oom en tannie kom uitgestap; klaar gekoop. Binne hap besoekers aan vetkoeke so groot soos jou hand. “Ek wil net welkom sê aan al die Blou Bul-ondersteuners,” sê die aankondiger weer oor die luidsprekers wat in die boom hang.Ek stap uit met avokado-olie, pampoenpitte, Hollandse kaas, kampioenwors en tien Barbertonse madeliefies vir my ma, al het ek eintlik gekom net om te kyk. Alles saam kos minder as R100. – Anim van Wyk

Kontak: 082 416 3900
Weg sê: Vind uit waar jou naaste een is en staan saam met die hoenders op. Waar anders kan jy twee slaaikoppe vir R4 koop?

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 17 Januarie 2010 | 21:39:57

Koop gerus die plaaslike koerant met jou volgende naweek-wegbreek - baie dorpe adverteer deesdae hulle eie boeremarkte waar mens heerlike vars groente en vrugte kan koop teen 'n fraksie van die prys in die supermarkte. Ek het Desember by die skougronde op Nelspruit by hulle boeremark 'n hele 5kg sakkie vol avokados vir net R20 gekoop waaraan ons die hele naweek in die wildtuin kon smul - die avo's was organies gekweek en ons kon selfs ons 'carbon footprint' verbeter. Heerlike atmosfeer - so 'n kruis tussen 'n NG kerkbasaar en 'n veiling! Hulle hou dit die laaste Saterdag van die maand. Enigste probleem: Jy moet redelik vroeg daar wees, want teen 11-uur pak almal op.

Gelewer op 17 April 2009 | 16:11:58

Jy mag nie daar uitloop sonder 'n R10-bakkie pap&kaiings plus 'n beker lekker moerkoffie met so 'n skeut "wha !" daarin nie !

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kuber Kos Murgpampoentjie-en-maalvleisskottel

Lamstjop-en-aartappelgebak

Stadige spesery-hoender

Kooktoerusting

Dit kan op enige soort braai gebruik word.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek