Gerookte vark en appels in sider


zoommore

’n Klassieke kombinasie wat vinnig is om aan mekaar te slaan. ’n Romerige aartappelslaai is perfek by hierdie gereg.

Jy benodig (vir 8 sosaties):

  • 4 gerookte varktjops
  • ½ koppie sider (cider)
  • 4 eetlepels appelasyn
  • ½ lemoen of nartjie se sap, en gerasperde skil
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 eetlepels growwe mosterd
  • 2 eetlepels heuning
  • 1 teelepel vinkelsaadjies
  • 1/3 koppie sojasous
  • 1 appel
  • olyfolie
Só maak jy
  1. Sny die tjops in blokkies en marineer dit in ’n skeut olyfolie en die res van die bestanddele, behalwe die appel, vir ’n uur (of oornag indien moontlik).
  2. Vewyder die appel se stronk en sny dit in blokkies en ryg dit saam met die vleis op stokkies. Braai oor matige kole en bestryk dit deurentyd met olyfolie totdat die appel sag is.
  3. Verhit die marinade in ’n klein potjie en laat dit prut todat die vloeistof verminder het en begin verdik. Bedruip die sosaties daarmee sodra dit van die kole af kom.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek