Vakansie en draairoomys
Vakansie is nie vakansie sonder ten minste een draairoomys nie. Op Mosselbaai is daar die Big Blue-restaurant (044 691 2010), maar enige kusdorp behoort ’n ou Volksiebus te hê waaruit die koue lekkerte bedien word. Verwag om so R10 te betaal.
Gelewer op 14 April 2010 | 17:12:58
Mosselbaai - by die punt is daar 'n hele paar Kombi's - Daar is een van hulle wat sulke lekker romerige Sjokolade roomys verkoop. Nou verlang ek sommer na Desember. 'n ou wat al op die Punt was, en nog nie roomys by 'n Kombi gekoop het nie, "sorry for you" maar dan was jy nog nie by die punt nie. As jy daardie roomys gekoop het dan gee jy sulke laaaaaaaanggg lekkies en kyk ver oor die see. Soms is jy gelukkig om die Walvisse te sien.
Gelewer op 18 Maart 2010 | 19:27:39
Hi my lekkerste draai roomys wat ek nog geeet het is by die Princess kafee in Hermanus maak nie saak hoe laat dit is nie maar koop sal ek hom koop
Gelewer op 11 Maart 2010 | 15:12:12
Ja, Mosselbaai s'n is lekker (oor daar sjokoladegeur ook is), maar die beste roomys ooit koop mens by die volla bussie by Bloubergstrand - daar is minstens 4 draaie en die ding is so 20cm hoog! Die rede is seker oor die wind meestal die boonste helfte afwaai, dan het jy darem nog 10cm roomys oor om te lek...
Nog resultate: Bladsy | 1 | 2

























Kommentaar