Marokkaanse olywe


Olywe vir Afrika.
zoommore

Olywe vir Afrika.

Met soveel geur gaan jy selfs nie-olyfeters omgeswaai kry.

Jy benodig (vir 6 mense)

• 400g groenolywe
• 400g swartolywe
• ½ koppie pietersielie, fyngekap
• ½ koppie vars koljanderblare, fyngekap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 rooi brandrissie, fyngekap (krap die pitte uit as jy bang is vir brand)
• 1 teelepel fyn komyn
• ½ teelepel fyn koljander
• ¼ koppie vars uitgedrukte suurlemoensap
• ¼ koppie ekstrasuiwer olyfolie
• 2 suurlemoenskyfies, in kwarte gesny
• sout na smaak

So maak jy
1 Sit ’n koksmes se lem op elke olyf en stamp dit met jou hand – liggies, moenie die pit breek nie! Gooi die olywe in ’n opdienbak.
2 Meng die res van die bestanddele en gooi dit oor die olywe. Maak dit minstens ’n dag vooraf sodat die geure goed kan ontwikkel – ’n week is beter.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 10 Mei 2011 | 10:27:53

Daar is 'n 12 dae logingsproses !. Ek gebruik dit al jare met goeie resultate.

Gelewer op 5 Mei 2011 | 11:30:22

Dink nie dit kan vars geplukte olywe wees nie, want vars olywe moet eers deur 'n 6-weke logings proses gaan om die bitterheid uit te haal.

Gelewer op 4 Mei 2011 | 14:44:30

is dit nou vars geplukte olywe? ek het baaaaaie en het al soveel resepte probeer.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek