Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Tamatiesmoor


zoommore

’n Worsbroodjie of pizza sonder tamatiesmoor is soos ’n huis sonder ’n stoep. Dit vries boonop uitstekend.

Jy benodig (vir sowat 500ml)
• 2 eetlepels olyfolie
• 2 uie, gekap
• 2 vet knoffelhuisies, gekap
• 8-10 rooiryp tamaties, skilletjies afgetrek en gekap
• ½ koppie rooiwyn
• 3 eetlepels tamatiepasta
• ’n goeie hand vol vars basilie, rofweg geskeur
• 1½ teelepel suiker
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Só maak jy
1 ’n Tranetrekker.
Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en soteer die uie oor matige hitte tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel by en roerbraai dit vir nog ’n minuut.
2 Prut, prut. Voeg die res van die bestanddele by en geur dit met sout en peper. Verhit die mengsel
tot kookpunt, draai die hitte laer en prut dit vir 1-1½ uur met die deksel skuins op tot die sous dik en geurig afgekook is. Gebruik ’n handmenger om die sous te verpulp.
3 Druk hom in ’n blik. Jy kan die sous nou in gesteriliseerde flesse inmaak óf dit vries sodra dit heeltemal afgekoel het.

Weg sê: Ja, ja, ons weet jy’s ’n All Gold-man, maar dié sous kry vars tamaties en kruie. En moenie die skeutjie wyn vergeet nie...

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 9 September 2010 | 15:03:59

n Knertsie kerrie poeier saam die resep is n wenner

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek