Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Boerewors-en-rysgereg


"n Ete in "n kits.
zoommore

'n Ete in 'n kits.

Hierdie is ’n verspotmaklike eenskottelresep vir wanneer die weer ’n mens binnetoe dwing.
Sit die rys op, maak die wors in ’n pan gaar, skep ’n bietjie groente by…en siedaar!


Jy benodig (vir 4 mense)
• 1 ui, in skywe gesny
• 1 eetlepel botter
• 4murgpampoentjies, in skyfies gesny
• 125g heel knopiesampioene
• 2 tamaties, in blokkies gesny
• 1 teelepel sout
• vars basilieblare of pietersielie, gekap
• varsgemaalde swartpeper na smaak
• 500g gaar boerewors
• 1 koppie warm, gaar rys

Só maak jy
1 Blink Stefaans. Braai die ui in die botter totdat dit sag en glansend is, maar nie bruin nie.
2 Groen, wit en rooi. Voeg die murgpampoentjies, sampioene en tamatieblokkies by en roer dit goed deur. Geur die mengsel na smaak met sout, kruie en swartpeper en laat die mengsel prut totdat die groente sag is.
3 Klein Duimpie... Gebruik ’n skerp mes om die gaar wors in stukkies van 2-3cm te sny, en meng dit met die rys. Skep dit in ’n opdienbak en giet die warm groentemengsel bo-oor. Sit dit dadelik voor met ekstra gekapte pietersielie of basilieblare bo-oor gesprinkel.

Weg sê: Die kinders gaan net wors ruik – en onwetend vir ’n tweede porsie groente vra.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek