Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Ouvrou onder die kombers


As jy die gereg "n bietjie wil rek, kan jy heel witsampioene saam met die boerewors en spek in die oond rooster.
zoommore

As jy die gereg 'n bietjie wil rek, kan jy heel witsampioene saam met die boerewors en spek in die oond rooster.

Toor met daai stuk wors wat gisteraand oorgebly het en maak 'n smulpastei wat die kinders in een sitting sal verslind.

Jy benodig (vir 4 mense)
• 250g swoerdlose spek
• 250g gaar boerewors, in stukkies van 2-3 cm gesny
• 1 koppie koekmeel
• ½ teelepel sout
• 2 eiers, geklits
• 1 koppie melk

Só maak jy
1 Rol ’n zol. rol die repe spek op in klein rolletjies en steek dit met tandestokkies vas. Sit die boerewors en spek in ’n oondskottel en bak dit in ’n oond van 200°C vir sowat 10-12 minute of totdat die spek goudbruin en gaar is. Laat die bak afkoel en trek die tandestokkies uit. Skep die vleis in ’n oondskottel wat die vleis én beslag sal kan vat.
2 Glad, gladder…deeg. Maak die beslag deur die koekmeelblom en sout saam te sif en ’n holte in die middel te maak. Klits die eiers en melk saam en giet dit in die holte in die meel. Meng dit tot ’n gladde beslag. Sit dit vir omtrent 30 minute in die yskas en klits dit dan weer goed.
3 ’n Deegkombers. Gooi die beslag oor die boerewors en spek in die oondskottel en sit die bak vir sowat 30 minute in die oond. Die deeg sal rys en ’n mooi goudbruin kleur hê as dit gaar is.

WENK: As jy die gereg ’n bietjie wil rek, kan jy heel witsampioene saam met die boerewors en spek in die oond rooster.

Weg sê: As kafee-pies jou ’n knou gegee het, probeer dié antie: Sy’s dalk oud, maar nog nie koud.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 13 Julie 2011 | 12:30:45

Moet dit nie dalk bruismeel wees nie vra maar net.

Gelewer op 12 Julie 2011 | 21:41:02

hu uh hy sal nie werk nie want wat laat hom rys daar's geen bakpoeier ok koeksoda in nie!!!!!!

Gelewer op 12 Julie 2011 | 16:33:54

MmmMMmmmMMMM lyk so lekkkkkeerr!!!!!!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek