Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Varkworsies met botterboontjies


zoommore

Jy benodig (genoeg vir 4-6 mense)
• 8 varkworsies
• 2 groterige uie, gekerf
• ½ pak spek, in stukkies gesny
• 2 koppies droë appelsider
• 2 blikke (410 g elk) botterbone, gedreineer
• 'n handvol gekapte pietersielie

Só maak jy
1 Braai die worsies in ‘n swaar pot.
2 Haal dit uit en braai in dieselfde pot die uie en spek totdat dit mooi bruin is.
3 Sny die worsies in stukke en gooi terug in die pot. Voeg die appelsider by en laat prut vir sowat 35 minute.
4 Voeg die botterbone by en kook vir nog 15 minute. Strooi die pietersielie oor.
5 Dien op met baie rys. Of romerige kapokaartapels.

Marlene sê: Kweek jou eie pietersielie as jy kan. Droëpietersielie is feitlik nutteloos. Los dit op die winkelrak. Koop liewer 'n vars bos en hou soos blomme in die water.

Nóg eenskottelgeregte:
Murgpampoentjie-en-maalvleisskottel + VIDEO
Lamstjop-en-aartappelgebak
Stadige spesery-hoender + VIDEO

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 16 Maart 2011 | 22:41:01

Klink lekker. Die bestandele verwys glad nie na appelsider nie. Hoeveel ? Dries

Gelewer op 3 September 2010 | 21:18:00

Ek vrek oor 'n varkworsie - en die klink soos vrek!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek