Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Murgpampoentjie-en-maalvleisskottel


zoommore


Jy benodig
• 1 ui, fyn gekap
• 1 groterige knoffelhuisie, gekerf
• ‘n bietjie olyfolie
• 1 kg gemaalde lamsvleis
• ¼ koppie witbroodkrummels
• 4 eetlepels parmesaan
• 4 murgpampoentjies
• knypie gedroogde tiemie (origanum werk net so goed)
• paar snytjies mozzarella-kaas

Só maak jy
1 Braai die ui en die knoffel liggies in die olyfolie.
2 Voeg die maalvleis by en roer totat dit los en bruin begin word. Voeg die broodkrummels en die parmesaan by.
3 Sny die murgpampoentjies oorlangs in breë stroke en rangskik ‘n paar in ‘n vlak oondbak.
4 Wissel die lae maalvleis en murgpampoentjies af. Geur met tiemie of origanum en bak in die oond vir 45 minute.
5 Haal uit en bedek met die snytjies mozzarella-kaas - en dalk nog parmesaan. Bak vir nog 10 minute.
6 Dien op met ‘n groenslaai en heel aartappeltjies.

Marlene sê: Die murgpampoentjies maak hulle eie vog en saam met die olie uit die vleis hou dit die hele spulletjie klam.

VIDEO:
 

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek