Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Stadige spesery-hoender


zoommore

Strooi die koljander oor net voor jy die brousel tafel toe dra.
zoommore

Strooi die koljander oor net voor jy die brousel tafel toe dra.

Hier is die eerste van 'n paar eenskottelgeregte wat ek oor die volgende paar weke gaan deel: vir groeneters én karnivore. En met een skottel bedoel ek ’n swaar pot, gietyster of yster bedek met emalje. Gaan koop sommer vandag een as jy nie een het nie; dis mooi genoeg om sommer tafel toe te neem vir opdien.

Jy benodig (Genoeg vir 4-6 mense)
• 1 rooi ui, gekerf
• 2 knoffelhuisies, gekneus
• 1 eetlepel vars gemmer, gerasper
• ‘n klein bietjie olyfolie
• 1 teelepel komyn
• 2 teelepels paprika
• 1 teelepel rissiepoeier
• 8 hoederfilette, in stukke gesny
• 1 blik gekapte tamaties (410g)
• 1 kleinerige botterskorsie, in stukkies gesny
• 8 dadels (vars as jy het, anders gebruik die op die winkelrak)
• 2 koppies hoenderaftreksel
• 1 pypkaneelstokkie
• ‘n handvol vars koljander, gekap

Só maak jy
1 Braai die ui, knoffelhuisies en gemmer in die olyfolie tot sag.
2 Roer die komyn, paprika en rissiepoeier by. Roer deur vir 2 minute. Voeg die hoenderstukke by en roerbraai 5 minute lank.
3 Gooi die tamaties – met sous en al – die botterskorsie, dadels en hoenderaftreksel by.
4 Steek die pypkaneelstokkie in en laat prut vir minstens ‘n uur. Strooi die koljander oor net voor jy die brousel tafel toe dra.

VIDEO: Marlene wys jou presie hoe om dié gereg te maak

Marlene sê:
*Gebruik pypkaneel in groente en vleisgeregte. Gemaalde kaneel smaak heeltemal anders en word net in soet geregte gebruik.
* Bedek vars gemmer met plastiek en hou in die yskas of kerf fyn in ’n bietjie water en hou in ‘n lugdigte fles. Fyngemaalde gemmer is heeltemal iets anders en kan nie vars gemmer vervang nie.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek