Roereiers in 'n sakkie
Dit is ook geskik vir mense wat op staptogte gaan, maar dan moet die vars eiers en melk net vervang word met die poeier-ekwivalent.
Jy benodig
- 6 eiers
- 1 koppie melk
- 1 eetlepel margarien, sout en peper
Só maak jy
1 Sit dit alles in 'n Ziploc-sakkie en skud goed sodat die eier en melk goed gemeng is.
2 Nou kan jy dit in 'n bakkie met kookwater laat lê todat die eier begin stol.
3 Skud dit 'n paar keer sodat die eier oral gaar is.
4 Vul die kookwater aan as dit nodig is.
5 Geniet.
Gelewer op 18 Augustus 2010 | 15:40:48
Waar kry mens eier - poeier om saam te neem op staptogte? Sal so dankbaar wees om dit te kry. Ons het al baie gesoek daarna, maar kry dit nerens. Poeierkaas is ook skaars.



















Kommentaar