Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Geurige beesstert


’n Mens móét ten minste een keer elke winter beesstert maak; dié resep werk ook op die vuur.
zoommore

’n Mens móét ten minste een keer elke winter beesstert maak; dié resep werk ook op die vuur.

Beesstert is soos Cremora: ryk en lekker. En op vakansie is dit nóg lekkerder, want dan kwel jy jou mos nie oor kleinighede soos cholesterol nie.

Jy benodig (vir 6 mense)
• 2 eetlepels olyfolie
• 1,5 kg beesstert, oortollige vet  afgesny
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 1 groot ui, gekap
• 2 wortels, fyngekap
• 1-2 selderystingels, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekneus
• 1 rooi brandrissie, ontpit en  gekap
• 1½ koppie beesvleisaftreksel
• 1½ koppie rooiwyn
• 1 kruiebondeltjie (die fynproewers noem dit ’n bouquet garni – sien die kassie op die vorige blad)
• die skil van 1 lemoen, in ’n lang reep gesny
• 4 teelepels tamatiepasta

Só maak jy
1 Lus vir ’n tan?
Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai ’n paar beesstertstukkies op ’n slag daarin tot goudbruin. (Nee, moenie in die versoeking kom om alles sommer gelyk in te gooi nie; die vleis gaan dan stoom en uiteindelik sal jy met ’n kastrol vol vaal vleis sit.) Skep die gaar vleis op ’n  bord uit en geur dit na smaak met sout en swartpeper.
2 Uitblinkers. Gooi die ui, wortel, seldery en knoffel in die kastrol en roerbraai dit oor lae hitte.
Sit die deksel op en laat die groente oor lae hitte “sweet”. (Dit beteken dat die groente gaar stoom en eerder blink as bruin word.) Roer die brandrissie by.
3 Klink ’n glasie. Verhit die aftreksel en rooiwyn saam in ’n aparte kastrolletjie totdat dit kook. Skep die vleis terug in die kastrol met die groente en gooi dan die aftreksel-en-wynmengsel oor sodat die vleis net-net bedek is. Gooi die kruiebondeltjie, lemoenskilreep en tamatiepasta by en verhit tot kookpunt. Draai die hitte laer, sit die deksel op en laat dit stadig prut vir 2½-3 uur. Die vleis moet sag wees, maar nie van die been afval nie.
4 Koel, man. Haal die deksel af en laat dit afkoel. Sit die kastrol oornag in die yskas sodat die vet bo-op kan stol en jy dit maklik kan afskep.
5 Druk daai servet in jou kraag… Skep die vet die volgende dag af, haal die kruie en lemoenskilreep uit en verhit die bredie weer stadig. Sit dit voor met rys, stampkoring of ’n lekker tuisgebakte brood.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 10 September 2011 | 09:38:50

Ekself hou altyd die wat eet dop en pas die resep aan vir volgende keer.Die lekkerste is altyd die eenvoudigste. Ons hou van Aartappels en Butternut bo op. Elke ou vir sy eie smaak.

Gelewer op 4 Augustus 2010 | 20:30:37

As jy nou gedink het ek gan dai oornag laat staan om af te koel, dan maak u 'n groot fout, ek sal mos nooi so lank kan wag :-)

Gelewer op 2 Augustus 2010 | 21:18:18

Ek dink die vorige kommentaar is bietjie straf.. Ek ( 'n plaasmeisie) kook onlangs vir my (nou stadskinders) 'n lekker beesstert. En ja, met wortels, heel uitjies en aartappels, knoffel en (half Portugese!!) natuurlik lourier en chillie. Daar is 'n verskil tussen "huiskook" en "kampkook"! Beesster is 'n wenner - either way!! Hare kloof is onnodig, "make it your way and have fun"!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek