Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Beste piekniekplekke


1. Kogelberg-natuurreservaat
Inland van Rooi-Els, op die ou kuspad by die rivier se brug, draai jy weg van die see en stap met ’n voetpaadjie so ver op langs die water as wat jy wil – in die fynbos en kranse van die Kogelberg-natuurreservaat in. Dra koue drinkgoed en piekniekkos, sonbrandroom, ’n boek, jou kamera en jou swemklere saam en ontspan alleen in jou eie rotspoel terwyl jy afkyk op die vakansiegangers doer onder.

2. Nsumo-pan (Mkhuze-wildreservaat)
In die noorde van KZN, met die naaste dorpe Sodwana en Hluhluwe, kan jy al wildkykende ry tot by die Nsumo-pan in die Mkuzerivier van die Mkhuze-wildreservaat. Hier kan jy op groen grasperke onder reuse koorsbome piekniek hou of vleisbraai tussen die blouapies en njalas terwyl jy die pelikane, krokodille en groot families seekoeie dophou. Vroegaand kom hulle uit om te kom wei! Of ry aan by een van die skuilings oppad uit.

3. Hogsback-waterval
Die afdraaipad na die Keteltuitvalle is uit die hoofstraat van Hogsback– ry dan sowat 6 km met ’n sandpad en eindig hoog bo-op ’n kop waar jy die motor los en sowat 1km met ’n voetpaadjie opstap tot by die valle, waar daar selfs houtbankies tussen die gras en veldblomme is vir ’n besoeker. Hou piekniek langs die stroompie rég by die valle of gaan na die Madonna-en-Kind-valle aan die anderkant van die dorp!

4. Gamkapoortdam
Ry deur Seweweekspoort van die suide af. Draai regs in die doodlooppad na die Gamkapoortdam en verkyk jou aan die deinserige groen bergtoppe, die klipspringers en ribbokke en geniet die afdraande in Bosluiskloofpas af tot by die “End of the Road”-winkeltjie. Onbeman, maar jy kan koop na hartelus en dan jou geld in ’n bottel los. Neem jou koelboks saam en hou piekniek onder die peperbome terwyl jy uitkyk oor die damwal.

5. Puntjie
As jy nie een van die bevoorregtes is om eiendom te besit op hierdie vakansiedorpie met sy kapsteelhuisies anderkant Vermaaklikheid nie, kan jy met die grondpad langs ry tot by die laaste hek wat jou voorkeer, dan slaan

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek