Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Tuna-noedelgebak


As jy kamp en nie "n oond tot jou beskikking het nie, kan jy gewoon alles deurmeng. Maak dan net seker jy kook die sous nadat jy die blikkie sop en melk bygevoeg het. Al wat verder nodig is, is "n bros slaai.
zoommore

As jy kamp en nie 'n oond tot jou beskikking het nie, kan jy gewoon alles deurmeng. Maak dan net seker jy kook die sous nadat jy die blikkie sop en melk bygevoeg het. Al wat verder nodig is, is 'n bros slaai.

Hierdie is ’n alles-in-een-gereg wat jy in ’n  japtrap aan mekaar kan slaan – ideaal vir vakansies.

Jy benodig(vir 4 mense)
• 200 g droë pasta (enige soort)
• 2 blikkies(185 g elk) tuna in olie, gedreineer
• 2 eetlepels botter
• 2 selderystingels met blare, gekap
• 1 groen soetrissie, gekap
• 2 uie, gekap
• 1 blik (400 g) sampioen- of aspersiesop
• 1 koppie melk
• 1 koppie gerasperde cheddarkaas
• ¼ koppie pietersielie, gekap
• sout en swartpeper

Só maak jy
1 Pasta pronto.
Kook die pasta vir 8 minute in kokende soutwater en dreineer dit goed.
2 Diep visgeur. Dreineer die olie van die tuna in ’n  pan en braai die ui, seldery en groen soetrissie daarin totdat dit goudbruin en sag is. (Gooi nog olyfolie by indien nodig.)
3 Lekker sous! Gooi die sop en melk by, en roer die mengsel oor matige hitte totdat alles baie deeglik deurgemeng is.
4 Hier’s die substansie. Voeg nou die tuna, gerasperde kaas, pietersielie en gaar pasta by.
Geur dit na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper en skep dit oor in ’n oondbak. Sprinkel dan ’n bietjie ekstra gerasperde kaas oor en bak dit vir ongeveer 20-30 minute in ’n  oond van 180 ºC.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 23 Februarie 2011 | 17:21:17

Dit sal gerieflik wees as daar 'n "druk" knoppie is om die artikel te laat afdruk.

Gelewer op 11 Oktober 2010 | 17:46:14

Klink heerlik - sal net nog bietjie vars of blikke sampioene of aspersies bysit vir 'n baie "fancy" pasta-gereg

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek