Garnaalkelkie
Niks kom darem by vars garnale nie – veral nie as dit so in die pienksous swem nie …
Jy benodig
- 800 g gaar waaierstertgarnale
- 1 klein komkommer, in papierdun skyfies gesny
- 1 Iceberg-slaaikop, in dun repe gesny (jy kan ook babaspinasie snipper)
- sout en varsgemaalde swartpeper
- fyn paprika
Seekossous
- 4 eetlepels dik tamatiesous
- 9 eetlepels mayonnaise
- 2 eetlepels mascarponekaas
- vars suurlemoensap na smaak
- ’n paar druppels Tabasco
- suurlemoenwiggies, om voor te sit
Só maak jy
1 Maak eers die sous. Klits al die bestanddele saam en hou dit eenkant.
2 Gryp hom aan die stertvere. Hou 10 van die garnale om die kelkie te versier en breek die ander se sterte af.
3 Gee hulle ’n lêplek. Voer ’n opdienbak of tien voorgeregglasies uit met die komkommerskyfies. Meng die fyngesnyde slaaiblare, stertlose garnale en die seekossous. Geur dit na smaak en skep die mengsel in die opdienbak of verdeel dit tussen die voorgeregglase.
4 Stert in die lug. Pak die garnale met die sterte bo-op en garneer dit met suurlemoenwiggies en ’n strooisel paprika.
Gelewer op 29 Maart 2010 | 16:35:17
OO DIT LYK LEKKER, MAAR HET MY "SIEK" GEEET AAN "PRAWNS" IN MOZABIQUE!, WATTE JAMMERTE.



















Kommentaar