Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Mossels met 'n rooiui-vinaigrette


Heerlik pikant.
zoommore

Heerlik pikant.

Ek is baie lief vir mossels en het dit die eerste keer vars geëet toe ek in die restaurantbedryf begin werk het. Die Franse sjef met wie ek gewerk het, het altyd hierdie gereg vir die personeel gemaak. Die asyn, rooi-uie en pietersielie met die mossels laat my altyd dink aan die tyd toe ons onder die akkerbome by die restaurant gesit en eet het.

Jy benodig

  • 2 kg swartmossels, skoongemaak


Vir die Vinaigrette

  • ½ rooi-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 klein rooirissie, fyngekap
  • 30 ml vars basilie, pietersielie of koljander, fyngekap
  • 60 ml wit balsemiekasyn
  • 15 ml vars suurlemoensap
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml water
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Só maak jy
1 Laat hulle gaap.
Skraap die mosselbaard af en skrop die mossels. Gooi dit in ’n groot pot kokende water en stoom dit totdat die skulpe oopgaan. Gooi enige mossels weg wat nie oopgaan nie.
2 Maak die vinaigrette. Meng al die bestanddele vir die vinaigrette saam.
3 Tyd vir voorsit. Sit die mossels voor met die vinaigrette in ’n aparte bakkie, of sit die mossels net so in die skulpe voor met die vinaigrette bo-oor gedrup.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek