Padkos vir die langpad


zoommore

Dalene Ingham-Brown is op 'n missie om haar liefde vir reis te koester en ook ander lief te maak vir die langpad. Sy blog gereeld vir Drive South Africa:


Om in die motor te eet op die lang pad, kan ’n morsige storie word. Wat jy nodig het, is maklike, vinnige en krummelvrye happies om die nimmereindigende pad korter te maak en sommer ook geld te spaar. Hier is ’n lys van bakgat padkos-idees wat die pad na Grabouw geurig en gemorsvry sal maak.

Babawortels

Babawortels is een van die gerieflikste padkos-happies wat daar is en is boonop uiters gesond. Dit vat net een happie en is 100% gemorsvry! Koop ’n pak babawortels en deel dit op in sakkies of in ’n kosblik. As wortels nie juis jou ding is nie, kan jy dieselfde doen met omtrent enige vars vrug of groente. Sny dit op in snye en plaas dit in ’n kosblik en voila: ’n gesonde happie!


Yogisip

Yogisip is die ideale padkos-drankie, want dit kan weer toegemaak word en dit is vullend. Yogisip is ook propvol kalsium, so gee gerus vir Boeta as hy nie kan uithou tot middagete onder die koeltebome nie.


Neute

Neute is ongetwyfeld een van die beste padkos-idees. Gemengde neute is eenvoudig, smaaklik en nie taai nie. Dit ruik nie skerp nie en sal nie sommer vlek nie. Kies ’n verskeidenheid neute soos kasjoeneute, pekaneute, macadamia-neute, amandels en braziliaanse neute.


Pretzels

Pretzels is seker een van die mees eenvoudige padkos-soorte wat daar is en kinders is dol daaroor. Gooi ’n paar in ’n verseëlbare sakkie en siedaar, nog ’n heerlike happie vir die lang pad!


Grondboontjiebotter en stroop wafel

Grondboontjiebotter en stroop bly maar ’n wenkombinasie wat nooit sal uitsterf nie. Voeg ’n wafel by en jy het ’n watertand-happie wat al die insittendes gelukkig sal maak. Hierdie happie is geskoei op die toebroodjie-idee en sal die hongerpyne vir ’n hele ruk stilhou.


Biltong

Kry jou proteien-dosis met ’n stukkie biltong. Sny dit fyn op vir ’n vinnige peuselhappie. Sny in dikker stukke vir Kleinsus sodat hy al kouend van sy frustrasies ontslae kan raak. Jy sal verbaas wees hoe baie hierdie kouery help.


Pizzarol

Die Pizzarol is bietjie meer moeite maar kan as ’n perfekte middagete dien. Neem ’n volgraan meel tortilla en smeer jou gunstelingsous daarop. Bedek met so 12 babaspinasieblare en strooi gerasperde mozzerlla-kaas bo-oor. Verhit in die mikrogolfoond vir so 45 sekondes om die kaas te laat smelt. Rol die tortilla op, laat dit af koel en sny in skywe.


Sagte soetgoed

Deesdae is die meeste sagte soetgoed suikervry, wat beteken dat jou kinders na hartelus daarvan kan eet sonder om mekaar (en vir jou!) mal te maak.


Droë vrugte

Ouma het iets beet gehad met die haar pakke en pakke droë vrugte. Nie net is dit vol nutriënte nie, dit is ook lekker om aan te kou en sal vinnig-vinnig jou soettand tevrede stel. As jy dit reg stoor, kan jy dit nog op pad huis toe ook geniet.


Jy hoef dus nie te stop vir daardie peperduur burger en skyfies nie. Padkos kan goedkoop én heerlik wees.

Klik hier om nog slim wenke by DriveSouthAfrica.co.za te kry


Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek