Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Groenboontjies met kersietamaties en amandels


So maklik soos val uit "n boom, mooi om na te kyk... en dit smaak heerlik!
zoommore

So maklik soos val uit 'n boom, mooi om na te kyk... en dit smaak heerlik!

Eet dié bone warm of koud.

Jy benodig (vir 6 mense)
• 1 eetlepel olyfolie
• 1 pakkie (250 g) kersietamaties
• sout en swartpeper
• ’n knippie suiker
• 2 pakkies (altesame 360 g) dun Franse boontjies
• ’n hand vol roketblare
• 1 pakkie (100 g) gevlokte amandels, gerooster
• 3 eetlepels olyfolie, plus ekstra
• sap van 1 suurlemoen
• 3 ansjovisfilette, gekap

Só maak jy
1 Sag en geurig. Verhit ’n eetlepel olyfolie in ’n pan en braai die kersietamaties daarin totdat hulle sag en effens verrimpeld is. Geur dit met sout en swartpeper. Gooi ook ’n knippie suiker by – dit help om die suur van die tamatie te breek.
2 Jong latte op aandag. Kook die boontjies vir 1 minuut (jip, net ’n minuut) in kokende soutwater.
Hulle moet nog lekker bros wees as jy hulle eet.
3 Nou vir die mooimaak. Meng die tamaties, boontjies, roketblare en amandels in ’n bak en skep dit dan op ’n opdienbord.
4 En dan, die sousie. Meng die olyfolie, suurlemoensap en ansjovisfilette en klits dit met ’n vurk tot goed gemeng. Gooi dit oor die boontjies en sit voor.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek