Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Skaapboud en patatskywe


As jy dié boud regkry, gaan jy nooit weer een in die oond wil druk nie.
zoommore

As jy dié boud regkry, gaan jy nooit weer een in die oond wil druk nie.

As jy dié boud regkry, gaan jy nooit weer een in die oond wil druk nie. Die groente is doodeenvoudig, maar vreklekker.

Jy benodig

• ’n lekker groot skaapboud (2 kg of meer)
• ’n bol vars knoffel
• 6-7 takkies vars roosmaryn
• ¼ koppie ekstrasuiwer olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1/3 koppie lekker rooiwyn (onthou, Tassies is net vir studente)
• 1/3 koppie suurlemoensap
• 2 eetlepels garam masala (’n Indiese kruiemengsel – gebruik komyn as jy dit nie in die hande kan kry nie)
• ’n bietjie sojasous
• ’n paar eetlepels appelkooskonfyt
• 3 groot patats, geskil en in skywe van 2-3 mm gesny

Só maak jy
1. Vlek die waarheid oop.
Ontbeen die boud. As jy nie weet hoe nie, vra jou slagter. Vra hom om dit só te vlek dat die vleis oral ewe dik is – vir braai, nie vir stop nie.
2. Gaatjies vol geur. Die boud het ’n vetkant en ’n vleiskant, amper soos Ollie le Roux. Gebruik ’n skerp messie en sny die hele vleiskant vol kepies, omtrent so diep soos ’n halwe vuurhoutjie en ongeveer ’n duim uitmekaar. Sny ’n paar knoffelhuisies in dikkerige `spykers’ en twee roosmaryntakkies in kort stukkies. Nou...vat ’n knoffelspyker en roosmaryntakkie saam en stop dit in die kepies. Verf die hele boud met olyfolie en geur dit goed met sout en swartpeper.
3. Maak ’n sousie. Meng die res van die olyfolie saam met die rooiwyn, suurlemoensap, garam masala, sojasous, die res van die knoffel en die roosmarynblaartjies in ’n mengbak. (Kap die knoffel en roosmaryn lekker fyn.) Sit die sous langs jou braaier met ’n kwas daarby.
4. Stadig oor die kole. ’n Enkele lagie kole wat jy van tyd tot tyd met meer warm kole aanvul, is al wat jy nodig het. Sit die rooster hoog, omtrent ’n voorarmlengte van die kole af. Sit die boud op met ’n groot oondbakdeksel bo-oor sodat die boud lekker in sy eie “oondjie” bak. Draai die meneer elke vyf minute om en verf hom ordentlik met die sous. Maak om hemelsnaam net seker jy verbrand nie die vleis nie.
5. Soete oorwinning. Ná 30 minute meng jy ’n paar eetlepels appelkooskonfyt by die orige bedruipsous in en gee die boud ’n glanslagie aan elke kant. Dit behoort ná ongeveer 45-50 minute reg te wees as jy (soos ek) van ’n boud hou wat buite brosgaar en in die middel ligpienk is.
6. Tjips! Tjips! Verf die patatskywe terwyl die boud gaar word met olyfolie en braai dit eenkant op die rooster. Moenie nou laat slaplê en jou oorgee aan die bier nie. Hou die patats fyn dop draai dit gereeld om. Dit behoort ná ongeveer 12 minute gaar te wees. Druk ’n vurk in om seker te maak dis regdeur sag. Jy kan ook ’n bietjie garam masala oor die tjips strooi – die soetigheid van die patat werk goed saam met Midde-Oosterse speserye.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 26 Mei 2010 | 07:45:38

Ons gaan dit die naweek probeer. My man kan mos nie genoeg kry van braai nie... lol. Dankie vir die resep.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kuber Kos Van Blommestein se wildswors

Wildspastei

Kooktoerusting

Dit kan op enige soort braai gebruik word.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek