Potato Bake-broodrolletjies
Ek het dié resep by ’n vriendin gekry en moet myself net keer om dit nie élke keer te maak as ons braai nie.
Jy benodig
• basiese brooddeeg
• 1 koppie melk
• 1 koppie room
• 1 pakkie Potato Bake-poeier
(die geur van jou keuse)
• gerasperde kaas
1 Goed geklits. Meng die melk, room en Potato Bake-poeier. Gooi die helfte daarvan in ’n oondbak
(of platboompot, as jy dit oor die kole gaan bak).
2 Rol die broodjies. Vorm nou brooddeeg wat die eerste keer klaar gerys het, in bolletjies en pak dit langs mekaar in die oondbak bo-op die vloeistof. Wees versigtig om die bolletjies deeg nie te groot te maak nie, angesien hulle weer gaan rys.
3 En nou die kaas. Gooi nou die oorblywende vloeistof oor en sprinkel gerasperde kaas bo-oor.
Laat dit vir ’n halfuur of so staan totdat dit gerys het en bak dit dan in ’n oond van 180°C tot goudbruin en gaar sonder die deksel. As jy beplan om dit buite oor die kole te doen, volg dieselfde aanwysings as vir potbrood deur ’n paar kooltjies bo-op die deksel te plaas.
Weg sê: Pleks van brooddeeg aanmaak, kan jy dit ook sommer by jou naaste supermark koop.
Gelewer op 17 Oktober 2011 | 10:37:49
Baie ekonomies en Heerlik!
Gelewer op 10 Oktober 2011 | 19:11:04
Los alles behalwe die brooddeeg en braai uie, greenpepper , sampioene en bacon saam in 'n pot. Voeg by 1 kop vars room en bring net tot kookpunt ek voeg bietjie ekstra room by .Maak bollrtjies van die deeg en plaas in oondpan Laat rys en net voor dit in die oond geplaas word gooi die room mengsel bo-oor en bak vir ongeveer 45 - 1 uur by 180 grade i voorverhitte oond.
Gelewer op 10 Oktober 2011 | 19:04:19
Hierdie is regtig heerlik. Jy moet 'n deksel op sit.



















Kommentaar