Geroosterde tamaties
As jy nie ’n oond het nie, kan jy jou Cadac gebruik om dié pikante bykos te maak.
Bestanddele
• 4 mooi groot groen tamaties
• 2 teelepels sout (probeer growwe see- of van daai mooi pienk Himalajasout)
• 2 teelepels suiker
• 2 teelepels grofgemaalde swartpeper
• olyfolie vir drup
Só maak jy
1. Kry jou Okapi. Sny die tamaties horisontaal middeldeur en pak hulle met die gesnyde kant na bo in ’n oondpan. As jy net ’n stoofplaat of Cadac het, gebruik ’n swaarboompot met ’n deksel.
2. Grof en gaaf. Meng die sout, suiker en peper en strooi ’n dik laag daarvan oor die tamaties. Drup goeie olyfolie bo-oor en bak dit in ’n oond van 200 ºC vir 20-30 minute of tot dit mooi bruin gebak en murgsag is. (Indien jy ’n pot op die stoofplaat gebruik, stel die plaat op baie lae hitte en hou die deksel op sodat die pot ’n “oond” vorm.) Sit die tamaties voor saam met die lasagne. Slaai met blare, roket en ’n vinaigrette sal ook lekker wees op die bord.

























Kommentaar