• Kruger: Vlugtende bok tref motor

    3 Augustus 2010

    Die Weg-leser Piet Steyn glo hy het diedoodsnikke van ’n ‘fratsongeluk’ verfilm toe ’n luiperd onlangs ’n bosbok platgetrek het.
     

  • Suid-Afrikaners gestrand in Maputo

    Vlugte van SAL na Maputo is gekanselleer en by die tolhek tussen die stad en die Lebombo-grenspos met Suid-Afrika is die pad met klippe versper.

  • Olifante by Epupa

    Weg het onlangs foto’s van twee jong olifantbulle naby die Epupa-valle in Namibië ontvang. Olifante word glo baie selde in hierdie gebied opgemerk.

  • Die Duimgooiersgids tot Suid-Afrika (vol.1)

    13 Augustus 2010

    Om “lifts te bum” is dus een van die oudste maniere om die wêreld te verken. Beer Adriaanse deel 'n paar wenke

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Braaiwenke


zoommore

Dis nou maar eenmaal so: Ons hou van braai, veral in die somer.

Hier is 'n paar braaiwenke:
Botter die bief
As jy van biefstuk oor die kole hou met ’n sousie daarby, oorweeg gegeurde botter pleks van gewone sampioensous. Dit is dubbel so lekker, met die helfte moeite. Maak sommer jou eie gegeurde botter: Iets soos kruie-en-mosterd-botter, ansjovis-en-kappertjiesaadbotter of gorgonzolabotter is heerlik.

Bou ’n bielie-mielie
Meng gerasperde vars gemmer, gekapte rooi brandrissie, olyfolie, sesamsaad en heuning en smeer dit dan oor vars mielies voordat jy dit oor die kole braai. Dit verleen ’n uitsonderlike geur aan ’n doodgewone groenmielie.

Verf die groente
Meng 60 ml elk balsamiekasyn, suiker en olyfolie en verf dit mildelik oor groente (soos botterskorsie, groot bruinsampioene of halwe rooi-uie) terwyl dit oor matige kole braai.

Braai-uie
Rooi-uie kan ook in foelie toegedraai word. Sny elke ui in kwarte sonder om dit heeltemal deur te sny. Sit 'n takkie roosmaryn in elke ui en stip dit met 'n klontjie botter. Draai dit toe in foelie en pak dit in warm uitgebrande kole.

Aartappel met 'n jassie
Kook baba-aartappels tot net-net gaar. Draai 'n repie spek om elkeen en ryg hulle afwisselend met pikantrissies op 'n sosatiestokkie. Rooster hulle tot goudbruin en gaar.

Sosaties
As jy sosaties maak, onthou om die houtstokkies in water te week voordat jy die vleis of groente daarop ryg - anders slaan dit op die rooster aan die brand.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 21 April 2010 | 11:37:04

Baie dankie goeie idees.

Gelewer op 9 Februarie 2010 | 21:16:42

As jy op kole braai plaas gesnyde uie bo-op die kole net voor jy die vleis begin braai. Die uie sorg dat daar nie flamme sal wees as die vet drup. Dit gee ook geur aan die vleis. Geniet Eddie

Gelewer op 15 Januarie 2010 | 16:05:28

Aartappel met 'n jassie - ha ha!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kuber Kos Murgpampoentjie-en-maalvleisskottel

Lamstjop-en-aartappelgebak

Stadige spesery-hoender

Kooktoerusting

Dit kan op enige soort braai gebruik word.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek