• Kruger: Vlugtende bok tref motor

    3 Augustus 2010

    Die Weg-leser Piet Steyn glo hy het diedoodsnikke van ’n ‘fratsongeluk’ verfilm toe ’n luiperd onlangs ’n bosbok platgetrek het.
     

  • Die Duimgooiersgids tot Suid-Afrika (vol.1)

    13 Augustus 2010

    Om “lifts te bum” is dus een van die oudste maniere om die wêreld te verken. Beer Adriaanse deel 'n paar wenke

  • Suid-Afrikaners gestrand in Maputo

    Vlugte van SAL na Maputo is gekanselleer en by die tolhek tussen die stad en die Lebombo-grenspos met Suid-Afrika is die pad met klippe versper.

  • Olifante by Epupa

    Weg het onlangs foto’s van twee jong olifantbulle naby die Epupa-valle in Namibië ontvang. Olifante word glo baie selde in hierdie gebied opgemerk.

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Liplekker


1. Salty Seadog (Simonstad)
As die lus my oorval vir régte kalamari en tjips, maak ek ’n Saterdagoggend-uitstappie daarvan en ry al langs die see met die trein van Kaapstad af Simonstad toe. Die Salty Seadog kyk uit oor die Simonstad-hawe en het sy naam te danke aan die legende van die bekende seemanshond, Just Nuisance. Vir minder as R40 kry jy ’n stewige porsie, vars kalamari en tjips wat jy op houtbankies kan geniet.
Kontak: 021 786 1918

2. Kardoesie-padstal (Piekenierskloofpas)
Dié padstal tussen Piketberg en Citrusdal, sit amper bo-op die Piekenerskloofpas. Dit het ’n pragtige uitsig oor die bergpas en plaasgrond wat doer ver onder lê. Somermaande kan jy op bankies op die gras sit en in die verte tuur terwyl jy ’n toebroodjie eet en in die winter kan jy knus teen die kaggel ’n koppie koffie geniet. Jou honde kan ook hier water drink en bene rek.

3. Muisbosskerm (Lambertsbaai)
Oordaad is al hoe ek dié onopgesmukte plek net buite Lambertsbaai kan beskryf. Vars gebakte plaasbrood, tuna steaks, seekos-paella, kreef, snoek, patats en vele ander disse word deur die Turner-familie reg teen die see voorberei terwyl jy rustig sit en kyk hoe die weskusson in die see sak. As ek kan raadgee, eet stadig en net ’n bietjie van als. Want sodra jy dink daar gaan nie nog disse van die vuur afgehaal word nie, verras hulle jou met iets liplekker. Teen R175 per persoon, is dit regtig billik.
Kontak: www.muisbosskerm.co.za

4. Die Pure Boland-plaasmark (Brandwag)
Dié plaasmark word elke tweede Saterdag van die maand net buite Worcester in die Groen Stoor by Brandwag gehou. Die Brandwag-boeregemeenskap verkoop allerhande tuisgemaakte produkte hier – die lekkerste vlakoekies, heuning en amandels, kruie, druiwe (as dit in seisoen is), beskuit en speserye. Die manne braai ook heerlike worsbroodjies en hamburgers onder sambrele buite die stoor en natuurlik kan jy vars gebakte pannekoeke ook koop. Moenie verby die cappucino-stalletjie stap nie...

5. Die Windpomp-restaurant (Brandvlei)
Hier kan jy ’n eerlike burger eet met Wynand Windpomp se musiek wat in die agtergrond klop. Dit is ’n goeie idee om hier af te trek as jy oppad is Kaap toe, want die volgende dorp, Calvinia, is amper 150 km verder. Motorfietsry-groepe ry graag naweke hierheen vir ’n ete en die meisies agter die kroegtoonbank het altyd interessante stories te vertel. Kyk ook na die pet-versameling by die kroeg.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kuber Kos Murgpampoentjie-en-maalvleisskottel

Lamstjop-en-aartappelgebak

Stadige spesery-hoender

Kooktoerusting

Dit kan op enige soort braai gebruik word.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek