Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Pasta met aspersies en suurlemoen


Jy het net sewe tot tien minute nodig vir dié heerlike aandete.
zoommore

Jy het net sewe tot tien minute nodig vir dié heerlike aandete.

Hoe lank vat dit om pasta te kook? Sewe minute. Nou, dís hoeveel tyd jy nodig het vir dié heerlike aandete as jy by jou bestemming aankom. En al wat jy nodig het, is jou Cadac-stofie.

Bestanddele
• 1 pak (500 g) pasta (maak jou eie tagliatelle, óf gebruik gekoopte skroefies of skulpies)
• ½ koppie botter
• ½ koppie olyfolie
• sap van 2 suurlemoene
• ’n hand vol vars tiemieblaartjies, goed gewas
• 2-3 pakkies (115 g elk) vars groen aspersies, goed gewas en middeldeur gesny
• 2-3 wiele fetakaas

Só maak jy
1. Jy weet mos: Al dente. Kook die pasta in ’n groot kastrol vol soutwater waarin jy ook ’n bietjie olie gegooi het (sodat dit nie aan mekaar vassit nie). So 7 minute is gewoonlik genoeg.
2. Botter kán hier smelt… Smelt die botter saam met die olie en suurlemoensap in ’n klein kastrolletjie. Roer die tiemieblaartjies by.
3. Eers die hardekoejawels. Gooi drie minute voordat die pasta gaar is, die harde onderste dele van die aspersies by en kook dit vir 1 minuut.
4. Maak jou punt. Gooi nou die lekker sagte puntjies by en kook dit vir 2 minute.
5. Putsonderwater. Gooi die pasta in ’n vergiettes en skud dit sodat al die water uitloop. Gooi die pasta terug in die kastrol.
6. En nou vir die sousie. Gooi die bottersous by die pasta en roer die spulletjie goed deur. Breek die feta bo-oor en skep in.

Weg sê: Dis mos nou so maklik soos val uit ’n boom!

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kuber Kos Van Blommestein se wildswors

Wildspastei

Kooktoerusting

Dit kan op enige soort braai gebruik word.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek