Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Kitskos


Tastic Simply Delicious-geregte is "n vinnige en geurige middagete.
zoommore

Tastic Simply Delicious-geregte is 'n vinnige en geurige middagete.

Woolworths se 350g-boksies is genoeg vir een mens, en dis "n heerlike, geurige staatmaker.
zoommore

Woolworths se 350g-boksies is genoeg vir een mens, en dis 'n heerlike, geurige staatmaker.

Oral op die winkelrakke pryk kitskos wat heel smaaklik is, maar dit kan nogal die sak ruk.
Daar is voortdurend nuwe produkte in die supermarkte te kry wat die lewe vir stappers soveel makliker maak as ’n dekade of wat gelede. Daar is ook heerlike kitskos by buitelewewinkels, maar die pryse is steeds buitensporig.
As jy egter bereid is om te betaal, sal jy nie teleurgesteld wees nie. Hier is ’n paar voorstelle...


1 Muesli.
Nature’s Source is te kry in 5 pakkies van 60 g elk. Daar is ook ander handelsname in klein pakkies, soos Jungle. Die goedkoopste is steeds om jou eie klein pakkies ontbytkos op te maak, kompleet met suiker en melkpoeier. Jy kan dan jou porsies ’n bietjie groter maak.

2 Hawermout. Sakkies kitshawermout is nie so lekker soos gewone hawermout wat jy in plastieksakkies verdeel nie, met ’n eetlepel suiker en ’n eetlepel melkpoeier daarby. As jy van pypkaneel hou, kan jy ’n halwe teelepel byvoeg. En jy kan dit sommer in jou beker met kokende water maak.

Maak toe


1 Tuna.
StarKist se Lunch To-Go-Tuna bevat tuna, 6 sout-beskuitjies, ’n teelepel, servet en selfs ’n peperment. Ná ete het jy geen skottelgoed nie; onthou net ’n plastieksak vir jou vullis.

2 Vegetariese kerrie. Tastic Simply Delicious-geregte is ’n vinnige en geurige middagete. Daar is vyf geure, waaronder gemengde groente, Indiese maaskaas en rooi nierbone. Dis souserig; eet dit dus met ’n sny brood!

3 Vinnige pizzas. Koop kitsklaar tortillas, verhit dit in ’n pan oor die gasstofie en smeer dit met tamatiepasta (beskikbaar in 50 g-sakkies) en kaas wat jy by die huis gerasper het en ’n blikkie mossels of oesters – of enigiets waarvan jy gewoonlik hou op jou pizza. As jou pan te klein is vir die tortilla, wees slim en maak ’n toegevoude pizza.

Maak toe


1 Noedels. Woolworths se 350 g-boksies is genoeg vir een mens, en dis ’n heerlike, geurige staatmaker. Jy kan dit sommer op ’n gasstofie verhit.

2 Gevulde tortillas (‘wraps’). Dit is vinnig en maklik om te berei en Woolies s’n bly weke lank vars. Vul dit met avokadoblokkies of vleis. Elke pakkie het gewoonlik 8-10 tortillas, maar begroot twee per persoon sodat niemand honger ly nie. Verhit dit vir ’n paar sekondes in ’n pan sonder olie, vul dit en vou die onderpunt om, en steek dit vas met ’n tandestokkie.

3 Noedels. Woolworths se twee pakkies (375 g) Oosterse Pad Thai-noedels is genoeg vir twee mense. Maak dit vinnig warm in ’n pan met ’n lepel margarien of botter en bedien dit met ’n lekker kitspastasous.

4 Kerrie. Vir aandete is Tastic Simply Delicious Curries die perfekte trooskos as jy koud en poegaai is. Dit het egter meer om die lyf nodig — rek dit met ’n blikkie boontjies in tamatiesous en bedien dit met Tastic Simply Delicious-kitsrys.

Maak toe


1 Vla. Meng net Weigh-Less se Vanilla Custard (57 g) met warm water vir ’n heerlike vla. Jy kan afgekoelde vla met iets soos geblikte peerhalwes geniet.

2 Pannekoek. Met Pillsbury se mengsel (200 g) kan jy vars pannekoeke optower. Voeg net water by en bak dit in ’n bietjie margarien of olie.

Maak toe

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek