Kalender - Gebeure dié maand

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Lensiekerrie


Dié resep sal selfs vir Nataniël sy skoene laat aantrek.
zoommore

Dié resep sal selfs vir Nataniël sy skoene laat aantrek.

Jy benodig
• 2 koppies lensies
• 1 ui, gekap
• 1 huisie knoffel, gekap
• 2 eetlepels botter
• 1 teelepel borrie
• 1 teelepel kerriepoeier
• 1 teelepel pypkaneel
• 1 teelepel fyn gemmer
• ½ teelepel sout
• 1 teelepel suiker
• 1 eetlepel suurlemoensap of asyn

Só maak jy
1 Al dente. Kook die lensies oor stadige hitte gaar.
2 Slaan ’n traan. Braai die uie en knoffel in ’n ander kastrol in die botter tot sag. Voeg die speserye by en braai dit vir nog 3 minute.
3 Laat die geure trou. Voeg die lensies by plus ongeveer ’n kwart-koppie water. Kook dit vir 15 minute oor lae hitte, maar sorg dat dit nie droogkook nie. Sit dit voor met Tastic Simply Delicious-rys.

Weg sê: Dié resep sal selfs vir Nataniël sy stapskoene laat aantrek.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

So reg uit die buitenste ruim.

Lees meer


Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek