Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Wenke vir ’n watertand braaibroodjie


1. Rasper, Casper! Die kaas wat jy op die broodjies gebruik, moet grof gerasper word.

2. Raak gekonfyt.
As jy nie lekker heelappelkooskonfyt het nie, maar net daai waterige stropie wat hulle in die winkels verkoop, meng jy eers die konfyt met die gerasperde kaas vóórdat jy dit op die brood smeer. Anders maak jy eintlik net ’n kaasbroodjie – en die lewe is te kort daarvoor.

3. Brood is nie meer boring nie.
Deesdae kry ’n mens soveel soorte lekker volgraan-, gemengdegraan- en ander interessante brode dat witbrood eintlik vervelig is. Die growwebrood sit ook nie so maklik aan die rooster vas nie.

4. Botter hom behoorlik.
Smeer die toebie goed met botter aan die binnekant, en nie aan die buitekant nie. Dit maak die broodjies dig, maar ook klam, en as jy dit dan meesterlik braai, smelt die appelkooskonfyt op die soet broodjies en die tamatie en uie op die soutige broodjies in die kaas in.
 

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek