Beesstertpotjie


"n Potjie is nie iets wat jy kan afjaag nie, maar as jy "n nag in "n kamp oorslaap, is dit beslis die moeite werd.
zoommore

'n Potjie is nie iets wat jy kan afjaag nie, maar as jy 'n nag in 'n kamp oorslaap, is dit beslis die moeite werd.

'n Potjie kan jy nie afjaag nie, maar as jy 'n nag in 'n kamp oorslaap, is dit beslis die moeite werd.
Laat die bevrore beesstert vakuumverpak en hou dit onderin die vrieskas totdat jy dit nodig kry.

Jy benodig (genoeg vir 6)

• 3 eetlepels olyfolie
• 1 kg beesstert
• 1 groot ui, gekap
• 1 koppie beesvleisaftreksel
• 1 koppie rooiwyn
• 2 eetlepels tamatiepasta
• 3 heel naeltjies
• 1 lourierblaar
• 1 teelepel droë tiemie
• sout en peper
• 10 heel baba-uitjies, geskil
• 4 selderystokke, gekap

Só maak jy
1 Tyd vir braai, ou bees!
Verhit die olie in ’n pot en braai die beesstert bruin.
2 O, moenie huil nie... Voeg die gekapte ui by en braai dit tot sag. Gooi die aftreksel, wyn, tamatiepasta, naeltjies, lourierblaar, tiemie en sout en peper na smaak by.
3 Bak mooi kooltjies. Laat die vleis vir twee tot drie uur prut. Gooi nog aftreksel by as die bredie te droog word.
4 Kul jou hier... Wanneer die vleis van die bene af loskom, voeg die uitjies en seldery by en laat dit vir nog 20 minute prut totdat die groente sag is. Sit dit voor met rys en koolslaai.

Weg sê: As jou seldery­stokkies op pad die gees gee, kan jy selderysout gebruik.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek