Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Beesvleis-en-sampioenfrikkadelle


Regte egte eerstegraadse vleis, fyngekapte sampioene, wortel, "n knoffeltjie... plus "n lekker geurige varkworsvleis wat alles mooi saambind.
zoommore

Regte egte eerstegraadse vleis, fyngekapte sampioene, wortel, 'n knoffeltjie... plus 'n lekker geurige varkworsvleis wat alles mooi saambind.

Regte egte eerstegraadse vleis, fyngekapte sampioene, wortel, ’n knoffeltjie… plus ’n lekker geurige varkworsvleis wat alles mooi saambind. En geen brood of eier nie – dit klink amper te goed om waar te wees!

Jy benodig
(vir 4 frikkadelle)
• 500 g beesmaalvleis
• 4 varkworsies, vleis uitgedruk
• 4 groot bruinsampioene, fyngekap
• 1 groot geelwortel, grof gerasper
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 3 eetlepels koljanderblare
• 1 eetlepel koljandersaad, fyngestamp
• ’n knypie elk fyn komyn en gemmer
• ’n (piepklein) knypie fyn neutmuskaat
• sout en varsgemaalde swartpeper

Só maak jy
1 Almal tesame!
Gooi al die bestanddele in ’n groot bak en meng dit goed deur.
2 Jaag hulle op ’n knop. Verdeel die mengsel in vier en rol dit in stewige bolle. Druk elke frikkadel effens plat.
3 ’n Bietjie koud… Bedek die frikkadelle met kleefplastiek en sit dit vir ’n uur in die yskas (dit keer dat die vleis uitmekaar val wanneer jy dit gaarmaak).
4 … en ’n bietjie warm. Braai die frikkadelle vir 10-15 minute oor matige kole tot gaar.

Weg sê: Gebruik gerus ekstramaer maalvleis vir dié resep – die varkworsies maak hom klaar geil.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 5 Februarie 2010 | 13:53:38

Dit klink heerlik! Gaan dit defnitief probeer!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek