Beesvleis-en-sampioenfrikkadelle
Regte egte eerstegraadse vleis, fyngekapte sampioene, wortel, ’n knoffeltjie… plus ’n lekker geurige varkworsvleis wat alles mooi saambind. En geen brood of eier nie – dit klink amper te goed om waar te wees!
Jy benodig
(vir 4 frikkadelle)
• 500 g beesmaalvleis
• 4 varkworsies, vleis uitgedruk
• 4 groot bruinsampioene, fyngekap
• 1 groot geelwortel, grof gerasper
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 3 eetlepels koljanderblare
• 1 eetlepel koljandersaad, fyngestamp
• ’n knypie elk fyn komyn en gemmer
• ’n (piepklein) knypie fyn neutmuskaat
• sout en varsgemaalde swartpeper
Só maak jy
1 Almal tesame! Gooi al die bestanddele in ’n groot bak en meng dit goed deur.
2 Jaag hulle op ’n knop. Verdeel die mengsel in vier en rol dit in stewige bolle. Druk elke frikkadel effens plat.
3 ’n Bietjie koud… Bedek die frikkadelle met kleefplastiek en sit dit vir ’n uur in die yskas (dit keer dat die vleis uitmekaar val wanneer jy dit gaarmaak).
4 … en ’n bietjie warm. Braai die frikkadelle vir 10-15 minute oor matige kole tot gaar.
Weg sê: Gebruik gerus ekstramaer maalvleis vir dié resep – die varkworsies maak hom klaar geil.
Gelewer op 5 Februarie 2010 | 13:53:38
Dit klink heerlik! Gaan dit defnitief probeer!




















Kommentaar