Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Roomyseetplekke in Kaapstad


1. Die Venezia Ice Cream Parlour
By dié plekkie in Seepunt kan jy regte volroom- Italiaanse roomys koop. Die aarbeisorbet is my gunsteling en sus my gewete dat dit “vrugte” is. Die vrou agter die toonbank is baie gaaf en kalm, al kom jy en jou twee vriendinne met dikgehuilde oë daar aan op soek na ’n hartlafenis.

2. Melkbos se pers kafeetjie
Dié kafeetjies sit op aan die linkerhand in Kusweg. Die sjokolande-en-vanieljegeur-draairoomys in ’n suikerhorinkies is my gunsteling. As verrassingselement sit hulle selfs ’n grasgroen Smartie-agtige lekker onderin die horinkies. Die oop- en toemaaktye hang af van hoe die son skyn en of die strand vol is. Hier is ook outydse loslekkers soos malvavisse en suikerappelkose.

3. Die Portofino-roomyshokkie
 Ná ’n 5 km-stappie op die promenade beloon ek altyd myself met ’n immergewilde vanielje-draairoomys mét ’n Flake. Hier kry dit koning.

4. Café in the Garden
 By dié winkeltjie in die Kompanjietuine kan jy goeie Aylesbury-roomys koop teen teen R5 vir een skeppie en R7,50 vir ’n dubbeldoor. Hier kan jy soos ’n propperse lady Anne Barnard agteroorsit in die skadu van koeltebome wat al in 1560 aangeplant is.

5. Sinful Ice-cream Emporium
 By dié gewilde plekkie in Kampsbaai moet jy ’n see van geure probeer weerstaan – van die tradisionele tot Aero-, Amarula- en selfs Koeksuster-geur! Wees egter bereid om vir tien minute lank in ’n ry te staan, maar dis beslis die moeite werd.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 3 Maart 2010 | 15:48:18

Dit maak nie saak waar roomys gekoop of geeet word nie, dit sal altyd lekker wees. Peter/Tygerdal

Gelewer op 24 Februarie 2010 | 15:18:32

Ek is doodseker dat "Milkshake" ook onder Roomys gelys kan word. Daarom sal ek beslis die Protea Hotel-Fire & Ice in Kaapstad kan aanbeveel vir die mees ongelooflikste melkskommels. Daar is meer as 20 soorte waarvan jy kan kies, en dit is elke sent daarvan werd!! M.S / Oudtshoorn

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek