Kerriepot


zoommore

As jy geharde kerrie-eters as eetgenote het, kan jy sterk kerriepoeier (soos Hellfire of Mother-in-law) gebruik, andersins is dit raadsaam om milde kerriepoeier (soos Cartwrights) te gebruik. ’n Bietjie bedagsaamheid maak van ’n mens ’n goeie gasheer, eerder as ’n martelaar.

Jy benodig (vir 6 mense)

  • ½ koppie olyfolie
  • 1 skaapboud, in blokkies gesny
  • 4 middelslag uie, in groterige blokkies gekap
  • 10 kardamomsade
  • 3 heel stukke steranys
  • 1 kaneelstokkie
  • 2 lourierblare
  • 1 teelepel borrie
  • 1 eetlepel sterk kerrie, of 1½ eetlepels milde kerrie
  • 2 eetlepels rooiwynasyn
  • 10 aartappeltjies, geskil
  • ’n bakhand sultanas

Só maak jy
1 Sodra jou potjie goed warm is, braai die skaapboudblokkies en uie tot bruin.
2 Dun die hitte effens uit en voeg die kardamomsade, steranys, kaneel en lourierblare by. Roer deur en laat die vleis vir sowat 5 minute gewoond raak daaraan.
3 Sit die kerrie en borrie eenkant in ’n houer by die asyn, meng goed, en voeg dan by die skaapboudblokkies en uie.
4 Sit die aartappels bo-op.
5 Voeg ’n koppie kookwater by, sit die deksel op en laat prut vir ’n halfuur.
6 Voeg die sultanas by. As dit lyk of die vloeistof min raak, kan jy nog ’n bietjie kookwater bygooi.
7 Inspekteer jou hitte en vul aan indien nog. Laat die potjie nog sowat 10-15 minute lank prut.
8 Roer nou behoorlik deur en haal die potjie van die hitte af. Laat staan vir 5 minute sodat alles goed kan deurtrek.

WENK: Bedien saam met Basmati-rys, en hou bakkies blatjang, gekapte tamatie, piesangstukkies en klapper byderhand sodat almal gedurig daaruit ’n bietjie kan aanvul.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 4 Mei 2011 | 16:35:53

As die kerrie jou oë laat traan, maak raita daarby. Rasper 'n halwe engelse komkommer, voeg 'n handvol gekerfde vars pietersielie en mentblare by (as die gaste daarvan hou, ook 'n halwe handvol vars koljanderblare). Meng alles saam met 'n koppie ongegeurde jogurt (lae/geen-vet as jy gesondheidsbewus is) en verstel die smaak met seesout en varsgemaalde peper. Geniet die kerrie!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek