Vat die langpad op 'n motorfiets


"n Mens moet gereeld stilhou en rondkyk, anders beland jy dalk met fiets en al in "n kloof.
zoommore

'n Mens moet gereeld stilhou en rondkyk, anders beland jy dalk met fiets en al in 'n kloof.

Gaan ry om die Skiereiland (as Chapmanspiek oop is, ry daarlangs) en mik dan Gansbaai en Witsand toe.
zoommore

Gaan ry om die Skiereiland (as Chapmanspiek oop is, ry daarlangs) en mik dan Gansbaai en Witsand toe.

Reis gaan meer oor die rit as die bestemming, sê Leon Froneman van Middelburg. Daarom verken hy graag die wêreld op sy motorfiets.

1. Swartbergpas en Die Hel
Ek het na aanleiding van ’n artikel in Weg die Swartbergpas en Die Hel gaan ry. Dis net ongelooflik om in so ’n mooi, salige plek te ry. ’n Mens moet gereeld stilhou en rondkyk, anders beland jy dalk met fiets en al in ’n kloof.
Toe ons kort voor Kersfees (2008) daar was, het meer as 3 000 voertuie en 187 motorfietse net in Desember Die Hel besoek.

2. Die Kaap
Ek weet dit klink baie wyd, maar gaan ry om die Skiereiland (as Chapmanspiek oop is, ry daarlangs) en mik dan Gansbaai en Witsand toe.
Jy ry verby pragtige plekkies soos Gordonsbaai en Pringlebaai, maar stop ook by Houtbaai, Vishoek en Simonstad. Die paaie is in ’n goeie toestand en die natuurskoon iets besonders.

3. Die Laeveld
Van Middelburg af ry ’n mens maklik Laeveld toe, maar vat ’n slag ’n agterpad: Draai by Waterval-Boven van die N4 af en ry Badplaas langs Kaapmuiden toe dis ’n mooi pad wat jou verby die Vygeboomdam, Nelshoogte, Barberton en Louw’s Creek neem. 
Noord van die hoofpad wag plekke soos Tonteldoos, die Steenkampspas en Lydenburg, en nog verder Sabie en die lieflike pad tussen Hazyview en Sabie. (Dis enige biker se droom.)
Van Pelgrimsrus af kan jy die Bourke’s Luck-pad vat óf oor Caspersnek Ohrigstad toe ry.

4. Die Tuinroete
Stop by Dolphin Point en kyk uit oor Lientjiesklip. Dis ongelooflik. Verken die sewe passe tussen George en Knysna, waar die locals soms skelm kaal swem in die swart riviere. Op pad Stormsrivier toe moet jy eenvoudig by Nature’s Valley stop. Ry dan met die Bloukranspas, hou bo stil en kyk af op Nature’s Valley. Dit is ’n fantastiese uitsig.

5. Oos-Vrystaat
Een van die mooiste dele in ons land is die gebied rondom die Golden Gate Hoogland- nasionale park in die Vrystaat. 
As jy deur die Lichenspas is, draai af Kestell toe. ’n Bietjie verder suid draai jy terug Clarens se kant toe en ry al óm die Rooiberg. Van Kestell af kan jy ook koers kies na die Sterkfonteindam, Bergville en Winterton. (Vat dit maar rustig oor die Oliviershoekpas, want al is die natuurskoon ongelooflik, is die pad nie.) Tussen Clarens en Fouriesburg is die mooiste kosmos wat ek nóg gesien het. Hou aan Katsedam toe – dit reën soms klippe, maar dis ’n plek wat jy móét sien.

terug na groot vyf | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in









Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek