10 wenke vir tweedehandse wiele
Moenie die eerste die beste motor koop nie. Gaan toetsbestuur twee of drie en besluit dan.
Jy sal nog onthou hoe lekker jou pa se Cressida geruik het toe hy hom nuut in die garage ingetrek het, en hoe gerusstellend stram die deure was. En miskien onthou jy nog hoe oom Boela van langsaan met afguns oor sy verlepte Peugeot 504 se dak geloer het as jou pa Saterdae die Cressida op die grasperk afgespuit het.
Maar die prentjie het verander: ’n Nuwe motor is een van die maklikste maniere om jou geld te mors. Al is dit naas jou huis (en kragopwekker) waarskynlik die grootste uitgawe wat jy ooit sal aangaan, gaan jou nuwe motor binne ’n jaar waarskynlik 22% van sy waarde verloor.
Ja, dis reg: Amper ’n kwart! Op ’n motor van R220000 is dit R48400 wat jy in die water gooi.
Dit maak dus sin om ’n goeie tweedehandse motor te soek wat reeds daardie 22% (of meer) oor ’n jaar of twee ingeboet het.
Hoë rentekoerse, nuwe goedkoop Indiese en Chinese motors en die nuwe kredietwet het saamgewerk om ’n wurggreep op die motorbedryf te plaas.
Handelaars van tweedehandse motors is besig om verkooppryse drasties te verlaag.
My pa het altyd gesê om ’n tweedehandse motor te koop is om ’n ander ou se probleme te koop. Ja, daar is altyd ’n risiko, maar as jy ’n paar riglyne volg, behoort jy die slaggate te vermy.
Onthou die goue reël: As ’n motor te goedkoop is om waar te wees, los dit liewer.
Vermy voetstoots
Koop ‘nuut’ tweedehands
Doen jou huiswerk
Hoeveel kos hy regtig?
Probeer die boekiewaarde kry
Loop lig vir koopkoors
Soek die stempels
Laat hom toets
Is hy dalk gesteel?
Bly weg van Kode 3!
Gelewer op 6 Januarie 2010 | 22:39:14
Dankie vir die goeie raad Braam. Tans self besig om te soek vir 'n goedkoop, staaaadige suiper, betroubare gesinsmotor vir 4. Het ook op www.cars4sale.co.za afgekom wat die basiese info in 'n uitstekende formaat aanbied vir ontleding in 'n sigblad en vergelykings doen... Kon daarmee 'n indeks ontwikkel wat aandui waar daar moontlik waarde vir geld skuil. Moes na 'n ongeluk 'n motor aanskaf laas Februarie en het 'n Tiida gekoop. Steeds baie gelukkig daarmee! Groetnis





















Kommentaar