Nissan Hardbody
WIELE VAN DIE MAAND: November 2009
Nissan Hardbody 3.3 liter-V6 4X4, 2004-MODEL
’n Bakkie wat hy ken… Die Fords en Mazdas moes maar gaan slaap toe Dirk van der Westhuizen sy skoonpa se Nissan kon koop.
Ek het die bakkie in Junie 2009 gekoop met 70 000 km agter die blad – en hy het meestal op teer geloop. In die rukkie dat ons hom het, het ons al meer as 12 000 km afgelê! Ons het ook ’n paar grondpaaie verken, onder meer in die Sederberg en Swartberg.
Hoekom het jy ’n Nissan gekoop?
Wat beïndruk jou van die bakkie?
Hoe vaar hy op die langpad?
Het die kajuit genoeg spasie?
Hoe dors is hy?
Jou vrou se mening?
Enige onaangename verrassings?
Het jy enigiets verander?
Sou jy die Nissan aanbeveel?
Hoe ervaar jy Nissan se diens?
Die Syfers
Gelewer op 8 Maart 2010 | 19:43:54
Ek het 'n 2005 3.0 Tdi Sel 4x4 D/C en ook die coversion laat doen - wat 'n plesier! Ek veruil hom vir geen ander bakkie nie. Net ongelooflik!
Gelewer op 10 November 2009 | 20:01:13
Ek self is n groot Nissan man.Myne is die 3L TD 16v 2004 model Staan nou op 185000 sonder n dag se moeilikheid,Ek het bietjie veranderings gedoen soos bv intercooler,2x ekstra bladvere agter ingesit en camil shocks voor. met n dubbel battery stelsel. met n bietjie groter bande wat my my meer grondvry hoogte gee asook n ARB Buffer.Ons ry baie in die Steelpoort area en kan beaam wat n vorige skrywer skryf. Met die intercooler is daar genoeg krag om my Jurgens Classique met gemak te sleep. Groete
Gelewer op 8 November 2009 | 17:49:06
Ek het dieselfde 2002 model bakkie en het 'n Vanderlinde conversion op hom laat doen. In 2003 het ek R8000.00 vir die conversion betaal. Dit was een van die beste dinge wat ek kon doen. Sy kilowats is opgestoot na 185kw (flywheel) en die wringkrag het drasties verbeter. Sy optimale wringkrag lê nou op 4000 rpm en sy optimale kilowats kry jy teen 5000 rpm. Ek het 'n explorer karavaan al die hele land vol gesleep en in 4de rat teen 120km/h is hy op die optimale wringkrag teen 4000rpm. (Terloops, ek sleep nooit in 5de rat nie - het my les al geleer met ander voertuie se ratkaste wat oppak agv 5de rat sleep). Die bakkie het nou net onder die 200 000km en gebruik nie 'n druppel olie tussen dienste nie. Na hy uit waarborg is diens ek homself en het nie 'n dag se probleme nie. Ek ry hom hard en hy het my nog nooit in die steek gelaat nie. Natuurlik raak hy baie dorstig as jou voet swaar op die versneller is, maar ek is beried om die prys vir die plesier en gerief te betaal. Ek het op 'n stadium 'n kontrak gehad vir die versiening van prospekteer bore in Mpumalanga ( Steelpoort - in die berge) Die plekke waar ek moes ingaan met 'n vol vrag olie op 'n pad wat deur 'n bulldozer gestoot is, laat die normale 4 x 4 roetes na 'n Sondagskoolpiekniek lyk) Sy 4x4 vermoeë is voortreflik.
Nog resultate: Bladsy | 1 | 2


















Kommentaar