Die pad is deel van die reis
Moet nooit haastig wees as jy reis nie. Probeer konsentreer op die reis, nie jou bestemming nie. Herstruktureer jou see-vakansie deur twee aande oppad oor te slaap – nie in ’n padmotel nie, maar iewers van die hoofweg af in ’n stil dorpie waar jy nog nooit was nie. Nuwe wêrelde sal vir jou oopgaan en jy sal rustiger by jou bestemming aankom. Dit moet heeltyd soos vakansie voel, selfs wanneer jy op die langpad is.


















Kommentaar