• Olifante by Epupa

    Weg het onlangs foto’s van twee jong olifantbulle naby die Epupa-valle in Namibië ontvang. Olifante word glo baie selde in hierdie gebied opgemerk.

  • Die Duimgooiersgids tot Suid-Afrika (vol.1)

    13 Augustus 2010

    Om “lifts te bum” is dus een van die oudste maniere om die wêreld te verken. Beer Adriaanse deel 'n paar wenke

  • Kruger: Vlugtende bok tref motor

    3 Augustus 2010

    Die Weg-leser Piet Steyn glo hy het diedoodsnikke van ’n ‘fratsongeluk’ verfilm toe ’n luiperd onlangs ’n bosbok platgetrek het.
     

  • Suid-Afrikaners gestrand in Maputo

    Vlugte van SAL na Maputo is gekanselleer en by die tolhek tussen die stad en die Lebombo-grenspos met Suid-Afrika is die pad met klippe versper.

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Mio Moov 560 GPS


Die Mio werk goed in die stad en dis lekker om mee te speel, maar neem "n goeie kaartboek saam wanneer<br />jy die langpad vat.
zoommore

Die Mio werk goed in die stad en dis lekker om mee te speel, maar neem 'n goeie kaartboek saam wanneer jy die langpad vat.

Getoets deur Jon Minster:

Wat is jou eerste indrukke?

As jy al ’n GPS gebruik het, sal jy die Mio gou-gou verstaan. Dis een van daais wat jy teen jou kar se voorruitvasplak – hy het ’n groot raakskerm en ’n helder stem (“Emily”) wat jou na jou bestemming lei. Emily is veeltalig; sy praat ook Afrikaans.

Is dit maklik om te gebruik?
Jy tik’n adres op die raakskerm in of gebruik dit om ’n restaurant, winkelof hospitaal naby jou te soek. Dit het my lank geneem om distem harder gestel te kry – ná ’n geworstel deur sowat vyf spyskaarte.

Hoe werk dit in die stad?

Ek was drie dae in Durban en sou swaargeleef het sonder dié getroue stem. Dis ’n hengse verligting om nie Percy Osborne-straat op bladsy 74, blok D5, in die padkaartboekte probeer opsoek voordat die verkeerslig groen word nie.

En buite die stad?
Emily hou ni van afgeleë teerpaaie of grondpaaie nie. Sodra jy die stad verlaat, word die Mio ’n vyand eerder as vriend. Ek was byvoorbeeld op pad van die Kaap af Elandsbaai toe op die R27- kuspad… groot fout, volgens Emily. Vir die volgende 200 km het sy aanhou kerm dat ek ’n U-draai moet maak, selfsal kan ’n mens maklik met dié pad daar uitkom. En toe ek uit Namibië op pad huis toe was, het Emily se stem my elke 5 minute of wat herinner: “Oor 800 km, draai regs op die N1,” “Oor 790 km draai regs op die N1…”

Enige haakplekke?

Die Mio het een irriterende gewoonte: Pleks van om te sê “ry reguit aan,” sê Emily “hou regs” wanneer jy verby ’n afdraaipad op linkerhand ry wat jy nié moet vat nie. Ek het meer as een keer regs gehou en die verkeerde afdraai gevat op plekke waar die snelweg kort ná mekaar
’n paar vurke maak. Dan het sy gekerm: “Maak so gou as moontlik ’n U-draai”.

Waarvoor werk dit die beste?
Dit gee jou gemoedsrus as jy laat in die nag in ’n vreemde stad by jou bestemming wil uitkom.

Prys:
R3 200
Kontak: Tudor 021 424 2978; www.tudortech.co.za

Jon sê:
Die Mio werk goed in die stad en dis lekker om mee te speel, maar neem ’n goeie kaartboek saam wanneer jy die langpad vat.


Kommentaar

Gelewer op 13 April 2010 | 19:40:24

Dankie maar nee dankie. Daardie prys is is onaanvaarbaar. Hopeloos te hoog.

Gelewer op 23 Maart 2010 | 19:11:21

Hi Tommy, Soos mens dit in Afrikaans sou se: Kry 'n lewe ou maat!

Gelewer op 22 Maart 2010 | 14:48:50

Hi Daar Verstaan nie hoe hierdie apperaat n GPS genoem kan word Is dit nie eerder n sat nav Ek verstaan n GPS moet kan back track en vertel jou waar op aarde jy is Jy besluit dan wat jy daarmee wil doen Groete Tommy Ravenscroft Ireland

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Equipmentarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek