Paklys: Toerustingboks
Dis die klein dingetjies wat 'n verskil maak: 'n badprop, ekstra batterye, toiletpapier... Pak 'n toerustingboks met al dié kleiner noodsaaklikhede.
Kleiner noodsaaklikhede
- Mesmoertang
- Koplampe
- Ekstra batterye
- Vuurhoutjies
- Gasaansteker
- Kerse en kershouers
- Toiletpapier
- Wasgoedlyn
- Pennetjies
- Badprop
- Verlengkoord
- Multikragprop vir 4 proppe
Noodsaaklikhede
- Draadborsel
- Blokhamer
- Ekstra tentpenne
- Tou/katoenkoord
- Kabelstroppe
- Ekstra skerms vir gaslampe
- Paraffien
- Blitz
- Skoppie en borsel
- Tent-en-matras-hersteltoerusting
- Matraspomp
Pak logies en slim
Pak die groot goed onder sodat jy dit nie eers moet afpak as jy byvoorbeeld die badprop soek nie. Bêre hersteltoerusting in ’n Ziploc-sakkie sodat die gom niks anders kan beskadig as dit dalk uitloop nie.




















Kommentaar