Dirt worker
Jy het waarskynlik al dikwels gewens daar was ’n tuinslang iewers naby as jy jou modderige bergfiets of sanderige swemklere agterin die stasiewa moet laai.
Dié katoeter kan help. Die Dirt Worker is ’n draagbare sproeiwasser met sy eie watertenkie van 14 liter (41 x 21 x 35 cm, kleiner as ’n koelboks) en weeg leeg 6 kg.
Jy prop dit by jou motor se 12 V-sigaretsok in en dan spuit daar ’n skaflike straal uit waarmee jy enigiets van die quad tot die hond kan skoonspuit. Op sy sterkste verstelling spuit hy 2 liter per minuut, wat beteken jy het sowat 7 minute om jou bagasie en insittendes mooi higiënies te kry vir die terugtog.
Prys: R1 700 (dit sluit aflewering in Suid-Afrika in)
Kontak: Load and Go 021 424 5823; www.dirtworker.co.za
Weg sê: Nat modder is makliker om af te spuit as droë modder. Ondanks die prys bied die Dirt Worker dus waarde vir geld vir woelige buitelewemense.




















Kommentaar