Die Strandloperroete
Die Strandloperroete aan die Wildekus is ideaal vir beginners en mense wat nie lief is vir swaardra nie. Jy kan die 59 km rustig in vyf dae aflê.
Waar bespreek ek?
Vir inligting oor die roete of om ’n besprekingsvorm te kry, besoek die webwerf www.strandlopertrails.org.za. Óf kontak vir Bryan en Erica Church: 043 841 1046; 083 285 4773; strandloper@net4u.co.za.
Al is daar geen ouderdomsperk nie, beveel die organiseerders aan kinders moet ouer as 12 wees. (’n Jaar of wat gelede het ’n vyfjarige die roete voltooi.)
Wanneer moet ek gaan?
Voor die reënseisoen behoort die meeste riviermondings toe te wees en dit maak dinge veel makliker.
Van Julie tot September sal jy moontlik walvisse sien, en as jy in Mei of Junie stap, is jy dalk gelukkig genoeg om die sardientjie loop te beleef.
En as ek nie lus is vir ’n rugsak nie?
Die Strandloper se Sundowner-roete is basies dieselfde pad, maar jy slaap in hotelle oor en jou bagasie word aangery. Dit kos R2 600 vir 8 tot 12 mense, etes en vervoer ingesluit.
Hoe kom ek daar?
Ry uit Oos-Londen met die N2 in die rigting van Mthatha. Draai ná 34 km regs op die R349 na Morganbaai, 46 km verder. Die hele pad is deesdae geteer.
Gelewer op 5 Augustus 2011 | 19:08:23
I have been so beiwdleerd in the past but now it all makes sense!



















Kommentaar